Slag van die Somme | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Deel van Eerste Wêreldoorlog | |||||||
Die Slag van die Somme | |||||||
| |||||||
Strydende partye | |||||||
Verenigde Koninkryk Frankryk Australië Nieu-Seeland Kanada Unie van Suid-Afrika |
Duitse Keiserryk | ||||||
Bevelvoerders | |||||||
Douglas Haig Ferdinand Foch |
Max von Gallwitz Fritz von Below | ||||||
Sterkte | |||||||
2 000 000 | 1 000 000 | ||||||
Ongevalle | |||||||
620 000 | 500 000 |
Die Slag van die Somme is gevoer tussen Julie en November van 1916 en was een die grootste veldslae van die Eerste Wêreldoorlog. Met meer as 1,5 miljoen ongevalle was dit een van die bloedigste veldslae ooit. Die Geallieerde magte het gepoog om deur die Duitse linies te breek oor 'n 12 km front ten noorde en suide van die Sommerivier in Frankryk. Een van die doelwitte was om Duitse magte weg te lok vanaf die Slag van Verdun; maar die verliese by die Somme het egter die verliese by Verdun oorskry. Teen die einde van die oorlog was die Duitse magte se getalle voor die Geallieerde magte se sterkte uitgeput, hoofsaaklik vanweë 'n oorwig in getalle.
Net soos Verdun simbolies was van die geweldige verliese wat tydens 'n oorlog gely kan word, het die Slag van die Somme vir die Britte dieselfde betekenis ingehou en met 67 470 ongevalle wat 19 240 sterftes op die eerste dag van die veldslag (1 Julie 1916) alleen was dit ook een van die bloedigste dae in Britse krygsgeskiedenis. Die vreeslike gevolge van oorlog is by die Britse publiek tuisgebring deur die vrystelling in Augustus daardie jaar van die propagandafilm getited "Battle of the Somme", wat werklike opnames van die eerste dag van die veldslag vertoon het.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search